Sonvanger

Naaldekoker blink
en huiwer op die
watervlak van my hart
vlietend
lig en
Speels . . .

Ragfyn vlerke
swiep oor my
drome
stille weifeling,
fladder sag

Naaldekoker blink
sweef in die
sonblink glans van
more, van
beloftes . . .

Dartelend oor die
landskap van my hart


—o0o—

Die duiwel het aan my deur kom klop
vinger uitlokkend
winkende
uitnodiging
. . . ek vat sy hand en ons dans
die kotteljons

Wild
luid en woedend,
ritmies
veragtend
ontnugterd en verward
Teleurstelling spoel deur my heupe . . .

Die engel
stil . . .
wagtend
wetend van my stryd
onvoorwaardelike
liefde
neurie sag die wals van my hart

Die duiwel klop
Die engel wag
en ek
diep teug aan geloof
wals . . .
swewend
rustige versugting
terug na jou –
My siel.